top of page












Ons Gemeente
Bredasdorp Gemeente is 'n herenigde gemeente tussen die NG Kerk en die VG Kerk. Ons gemeente is op reis om hoop te bring deur te leer wat dit beteken om dissipels van Jesus te wees. Hierdie reis is een waar ons vas glo dat elke persoon 'n gawe het wat God in sy Koninkryk wil gebruik. Ons is 'n diverse gemeenskap wat bestaan uit boere tot by ingenieurs en alles tussenin. Saam in ons diversiteit leer ons aan wat dit beteken om God se droom in Afrika uit te leef.
Oor die volgende 7 jaar oefen ons dissiplines in wat kern lê aan dissipelskap. In 2020 begin ons hierdie reis met die geestelike dissipline van gasvryheid.
“The Church is the Church only when it exists for others, not dominating, but helping and serving. It must tell men of every calling what it means to live for Christ, to exist for others.”
Dietrich Bonhoeffer
bottom of page