top of page
transparent.png

ONS STORIE

In 1857 het was daar 'n versoek aan die NG Kerk se sinode van slawe eienaars dat hulle apart van hul slawe nagmaal kan gebruik. Die sinode het hierdie besluit as teologies foutief verstaan, maar die voorstel goedgekeur om die  'swakheid van sommiges' tyd te gee om hul standpunt te verander. Hierdie besluit het die norm geowrd en die kerk is oor kleurgrense geskei met die NG Kerk wat wit lidmate bedien en die NG Kerk in Afrika en die NG Sendingkerk wat swart en bruin lidmate bedien. 

 

Bredasdorp Gemeente het op Pinkster-Sondag 2018 herenig. Die gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk van Bredasdorp het na 99 jaar se skeiding op 20 Mei 2018 weer een geword. 

Hierdie hereniging het begin deur vreemdelinge wat mekaar begin liefhê. Leraars het saam begin koffie drink en al hoe meer tyd saam deurgebring. Hierdie het gelei na 'n plek waar die twee gemeentes 'n teologiese standpunt ingeneem het. Christus bind die kerk as 'n eenheid. Hierdie verhouding het sterker gegroei en die Tussenorde wat deur die NG en VG Sinodes goedgekeur het, het dit vir die gemeentes moontlik gemaak om struktureel te herenig. 

Hierdie pad is egter nie klaar nie. 20 Mei 2018 was die begin van ons hereniging en in hierdie reis leer ons al hoe meer wat dit beteken om 'n een gemeenskap van versoening, geregtigheid en gehoorsaamheid te wees.

Jy kan meer lees oor die stories van die twee gemeentes by die volgende skakels.

bottom of page