










Inligting
POPI Wetgewing
Op 1 Julie 2021 tree die nuwe POPI wet in werking - dit is die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 en het ten doel om persoonlike inligting van mense te beskerming. Die wet verhoed ons om, op welke wyse ookal, die persoonlike inligting van enige van ons lidmate te versprei. GEEN inligting mag voortaan verskaf word sonder die toestemming van die betrokke lidmaat nie. Die Kerkkantoor, die Kerkraad, leraars en ander beamptes eerbiedig reeds hierdie beginsel van die reg op privaatheid en word persoonlike inligting in elk geval as sulks hanteer. Slegs ek en die leraars het toegang tot jou inligting op die kantoor se rekenaar.
Jy word dus vriendelik versoek om die kantoor per
-
telefoon - 028 4241340; of
te verwittig indien jy beswaar het met enige van die ondergenoemde:
-
dat jou inligting op die rekenaar gestoor mag word;
-
dat ‘n epos, whatsapp of sms in ‘n groep uitgestuur mag word;
-
dat jou verjaarsdag op die aankondiging (gedruk en aanlyn) gestuur mag word;
-
dat jou naam ten tye van siekte op die aankondiging (gedruk en aanlyn) gestuur mag word; of
-
dat jou naam op enige ander wyse gebruik mag word in die gebruiklike kommunikasie van die Kerk of Kerkkantoor.
Indien ek te sterwe kom, ‘n kennisgewing op die Bulletin (gedrukte en aanlyn-media) mag verskyn.