top of page
DJI_0520.JPG

Ons storie

Die Bredasdorp Gemeente het op Pinkster-Sondag 2018 herenig. Die gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk van Bredasdorp het na 99 jaar se skeiding op 20 Mei 2018 weer een geword. 

Hierdie hereniging het begin deur vreemdelinge wat mekaar begin liefhê. Leraars het saam begin koffie drink en al hoe meer tyd saam deurgebring. Hierdie het gelei na 'n plek waar die twee gemeentes 'n teologiese standpunt ingeneem het. Christus bind die kerk as 'n eenheid. Hierdie verhouding het sterker gegroei en die Tussenorde wat deur die NG en VG Sinodes goedgekeur is, het dit vir die gemeentes moontlik gemaak om struktureel te herenig. 

Hierdie pad is egter nie klaar nie. 20 Mei 2018 was die begin van ons hereniging en op hierdie reis leer ons al hoe meer wat dit beteken om een gemeenskap van versoening, geregtigheid en gehoorsaamheid te wees.

Bredasdorp Gemeente is oppad na genesing. Ons het ons verbind tot 'n reis van hereniging tussen die NG Kerk en die VG Kerk. Hiérdie is 'n lang pad van versoening en die ontdek van nuwe familie. Ons is saam op reis na 'n toekoms waar ons nie ver-deeld is nie, maar versoen is. Hiérdie is 'n teologiese oortuiging wat ons dra. Ons her-eniging het publieke implikasies wat stoei teen alles wat ons van mekaar af wil weg hou.

Ons storie is nie klaar nie en daardie lang pad lê voor ons uitgestrek. Met die word ons elke dag herinner aan die woorde van 'n baie bekende gesegde... "Reise van duisende myle begin altyd met daardie eerste tree."

bottom of page